Article posted by Die Burger
Nuwe brouery het 'n doktor in die span
STELLENBOSCH. – Die bier is klaar gebrou, die bottels bestel en die etikette ontwerp.
Nou moet die bier net gebottel en om 'n lekker braaivleisvuur geniet word.
'n Matie wat gister 'n doktorsgraad in voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch ontvang het, het gesê sy kan nie wag om met haar brouery te begin nie.
"Dis nou hard werk om voor die winter Ceder Brew (die brouery se naam) se biere op die rakke te kry," het dr. Melanie Nieuwoudt ná die gradeplegtigheid gesê.